Ons noem onsself R4J (Rocking for Jesus)!
Ons Tienerbediening is gebou op die fondament van God Drie-enig: God die Vader, Jesus Christus die Here en die Heilige Gees. Op hierdie fondament is die pilare van ons Tienerbediening gebou: Jeugbediening, Lof & Aanbidding, Woord van God, Gebed, Uitreik en Uithang.
Hierdie fondament en pilare bring ons by ons uiteindelike doel: Gesonde jongmense wat ‘n persoonlike verhouding met God het.
Aktiwiteite:
- Kategese (ons volg die Modulêre Kategesemodel).
- Donderdagaande se jeugbyeenkoms bevat verskeie momente: uithang, praise and worship, Woordboodskap en chilltyd.
- Kampe: oprofkamp by Rust de Winter, en jeugkamp.
- Uitreike: bv na ouetehuise, uitdeel van kersgeskenke.
Kontakpersone:
Frikkie Steffens - 082 461 8459
|
|
 |