Missie
Om die gemeente deur middel van die Woord toe te rus en op te bou om mekaar en die samelewing met God se liefde te bedien, om onder huidige omstandighede uitnemend en geloofwaardig as volgelinge van die Here Jesus te leef.
Diensgroepe
Tuiskomtoerusting
Missie: Om lidmate te laat tuis kom en in te skakel by ons Hooglandfamilie.
Kategese
Missie: om kinders toe te rus en te begelei om Jesus Christus te ken, lief te hê en na te volg.
Geloofsontwikkeling
Missie: om gemeentelede toe te rus en te begelei tot geloofsvolwassenheid.
Ons het ‘n program genaamd Somatix (Liggaamsdinamika) wat jou help om jou Dienaarsprofiel saam te stel op grond van gawes, persoonlikheid, belangstellings ens. Hierdie program help jou om te groei en om jou bediening te vind.
Bybelskool
Missie: om gemeentelede toe te rus en te begelei tot ‘n praktiese kennis van die Bybel.
Leer en Lewe
Missie: om gemeentelede toe te rus en te begelei om ‘n Bybelse standpunt oor leerstellige, aktuele en etiese sake te handhaaf, en om ‘n christelike leefwyse te handhaaf en in die wêreld te bevorder. Op die oomblik realiseer hierdie aktiwiteit in die vorm van ‘n Geloofsgesprekgroep op Woensdagaande.
Leierskapsontwikkeling
Missie: om gemeenteleiers toe te rus en te begelei om hulle dienswerk te doen.
Toerusting vir die verskillende Bedieninge van die gemeente
Missie: om gemeentelede toe te rus en te begelei om hulle dienswerk te doen.
|
|
 |