Vertel van jouself en jou gesin:
Ek is maar ‘n dood gewone ou. Ly en lei bietjie aan aandag aflybaarheid en het gedroom toe ‘n klein was ek gaan ‘n super-hero word. Ek het my vrou-Zelda ontmoet na-skool op Diensjaar vir Christus.(daar waar jy nie verhoudings mag gehad het nie-ons was maar altyd ietwat rebels). Ons het 2 van die mooiste dogtertjies:Carli(5) en Mika(3).
Carli is verseker die aktriese/danser/sanger en Mika gaan nog of wyn maak of goed Golf speel. Ek en Zelda is albei baie lief vir vakansie en om nuwe plekke te sien en te beleef. Ons hou ook daarvan om lekker kos te maak en goeie wyn te drink. O, ja ons mis die see....
As ek wil asem skep:
Ek kan nou nie meer surf nie, maar geniet dit baie om te swem of om te gaan draf. Golf help ook baie om jou aandag net op ‘n wit balletjie te fokus......
Ons het ook nou die dag weer ondek hoe lekker dit is om te kamp...so as ons ‘n kans kry vat ons ‘n tentjie en ‘n wyntjie, langs ‘n ou vuurtjie, met ‘n vleisie....ek kan aangaan!!!!!
Wat geniet jy van ons gemeenskap?:
Ek dink wat ek baie geniet-is die vriendlikheid en die openheid van die mense. Ek is mal oor die eerlikheid van Kempton-park se mense. Verder is hier mense met ongelooflike konneksies om Rugby kaartjies in die hande te kry.....dankie julle-julle het my baie bederf!!!
Watter boek en/of fliek het jou tot dus ver uitgedaag?:
Ek moet sê een van die beste flieks van 2010 was verseker Avatar en dit in 3D. Die fliek en sy metafore en boodskappe het my aangegryp. Daar is soveel boeke wat ek kan noem, maar wat ek nou lees is: “a Generous Orthodoxy” van Brian D. McClaren en “Reimagining Church” van Frank Viola.
Watter sokker-span ondersteun jy in die world-cup en hoekom?:
Jong ek is nog nie heeltemal seker nie. Natuurlik sal ek vir Bafana-Bafana ondersteun en my vuvuzela blaas-maar jy moet ook ‘n tweede span hê. Ek dink dalk Italië of Frankryk. Ek hou van hulle styl en net hulle hele kultuur. Ek moes of ‘n Fransman of Italianer gewees het. Hulle ken van lekker kos en lekker wyn en lekker lewe...
|