TuisbladBedieningeJeugNuwe lidmateAflaaibronneFoto GallerySkakelsKontak ons
 
 

Kernwaardes

Ons roeping is om God se liefde uit te straal na almal.
Ons verheerlik God soos volg:

1. Ons vier fees, loof en aanbid God
    • deur ons Vader se Woord te gehoorsaam
    • Jesus Christus as Here te volg
    • en onder die Heilige Gees se beheer te leef.

2. Ons leef as die familie van God
    • wat mekaar met sy liefde versorg
    • met sy gawes bedien
    • en eensgesind saamleef.

3. Ons leef as getuies van Jesus Christus
    • wat die evangelie op elke lewensterrein uitleef
    • wêreldwyd laat hoor
    • en mense in nood help en bemoedig.

4. Ons leef ons roeping getrou uit as ons
    • aanhou bid,
    • mekaar versorg en toerus
    • en ons kinders begelei tot 'n toegewyde verbondslewe.

5. As goeie rentmeester van God wil ons
    • toegewyd en uitnemend
    • eietyds en geloofwaardig
    • God met ons hele lewe verheerlik.

 




 
 

 

     
   
© 2010 NG Gemeente Kempton Hoogland. Alle regte voorbehou