 |
|
Die Naskoolse Jeugbediening staan bekend as “GRENSLOOS”. Die bediening het aanvanklik begin as `n selgroepbediening vir jong werkende mense en het bekend gestaan as 20-something. Die bediening het fisies sowel as geestelik gegroei en het die hoeksteen geword waaruit ander bedieninge gegroei het.
Hierdie bedieninge sluit onder andere in die Vlagdans-bediening asook B.R.U.G.G. Huidig funksioneer “GRENSLOOS” as twee selgroepe wat op `n weeklikse basis bymekaar kom. Ons visie is steeds aan die groei, bv om `n “midweek” erediens op Woensdag-aande aan te bied. Dit sal `n volledige erediens wees waar enige jong persoon ongeag kerkverband vry kan voel om te kom aanbid.
GRENSLOOS se missie is om `n veilige omgewing te skep waar jongmense oor verskillende grense heen, ondersteun, bemoedig en toegerus kan word om die wêreld te kan ingaan. Ons hou mekaar ook verantwoordelik (accountable) vir diensbaarheid in ons gemeenskap asook mekaar se geestelike groei.
Daar is ook `n sterk gevoel van mentorskap waar jong mense op kyk na mekaar en daarna streef om geestelike volwasse jong manne en vroue te kan wees in Christus.
Die woorde van Kolossense 3: 11 word bewaarheid in hierdie grenslose bediening waar Christus werklik alles en in almal is.
Kontakpersone:
Zeldi Janse van Rensburg - 011 393 4515 of 082 565 2139
|