TuisbladOntmoet onsJeugNuwe lidmateAflaaibronneFoto GallerySkakelsKontak ons
 
 

Missie

Om die gemeente te begelei om as die familie van God geloofsgemeenskap in groter en kleiner groepsverbande te beoefen, mekaar met sy liefde te versorg, mekaar met sy gawes te bedien en eensgesind saam te leef in 'n diversiteit van aanbiddings-, leef- en bedieningstyle.

Diensgroepe

Senior Lidmate
Missie: om bejaarde gemeentelede volgens hulle lewensomstandighede te versorg en te begelei om funksionele lidmate van die gemeente te wees. Hulle ontmoet Donderdagoggende by die kerkgebou.

Jeug (Kleuters, Laerskool, Hoërskool, Naskools)
Missie: Die Jeug van Kempton-Hoogland bestaan om God te verheerlik deur:
•  Met alles in ons, ons liefde vir Jesus uit te leef
•  Saam met sy kinders uit te hang
•  En na die wêreld met sy liefde uit te reik
•  Dus: leef uit, hang uit, reik uit!

Komsaamgroepe en Besoekgroepe
Missie: om gemeentelede in groepe te versorg en te begelei om funksionele lidmate van die gemeente te wees.

Belangegroepe
Missie: om gemeentelede met spesifieke lewensomstandighede, belangstellings of passies te groepeer en te begelei om mekaar onderling te versorg en hulle roeping uit te leef.

Afrikatale-bediening
Missie: om ‘n geestelike tuiste te skep vir Zoeloe- en Sothosprekende mense en hulle met die Evangelie te bedien.


 



 


     
   
© 2010 NG Gemeente Kempton Hoogland. Alle regte voorbehou