TuisbladOntmoet onsJeugNuwe lidmateAflaaibronneFoto GallerySkakelsKontak ons
 
 

Missie

Om lidmate te begelei om hulle gawes en bediening te ontdek en hulle toe te rus om mense binne en buite ons gemeente te bedien en te versorg volgens hulle behoeftes en omstandighede en om die gemeente organisatories effektief te laat funksioneer.

VERSORGINGSDIENSTE
Missie: om die nood en armoede van mense raak te sien en op ‘n christelike manier te help verlig.

Diensgroepe

Diensgetuienis (Barmhartigheid en Getuies)
Missie: om mense in hulle omstandighede en volgens hulle behoeftes met die Evangelie te bedien en te bemagtig om met waardigheid te leef.

Bemoediging
Missie: Om siekes, bejaardes en terminale pasiënte op ‘n gereelde basis te besoek en deur middel van God se Woord te vertroos, te bemoedig en te versterk.
Besoekpunte: Bejaardes in gemeentes, hospitale, sentrums: Marmanet, Lenitas, Herfsland, Allen Park.

BRUGG
Missie:
•  Om ‘n brug te bou tussen God en sy kinders wat swaar kry.
•  Om ‘n uitweg vir mense te gee en siele vir God te wen.
•  Mense met heel harte te hê in ‘n gebroke wêreld.

B.R.U.G.G staan vir:
B- Bemoediging / Believe
R- Red / Revive
U- Uitreik / Uplift
G- Geloof / Glorify
G- Groei / Growth

Doelstellings van B.R.U.G.G:
•  om die hande en voete van Jesus te wees.
•  om mense te gaan ophef op ‘n Christelike grondslag
•  om in die basiese behoeftes te voorsien van mense in nood
•  om elke persoon te bemagtig met ‘n Bybel.
•  om uit te reik na mense wat nog nie vir Jesus ken nie
•  om mense bewus te maak van behoeftiges en bejaardes
•  om mense weer bewus te maak van Jesus se liefde en genade.
•  om mense se harte te laat borrel van God en vir God!

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Finansiële Bestuur
Missie: om die gemeente se finansies (fondse) te beplan en te bestuur.

Diensverhoudinge
Missie: om die aanwending van die gemeente se personeel en hulle belange te bestuur.

Instandhouding
Missie: om die terrein, geboue en hulle inhoud in stand te hou sodat Hoogland funksioneel en netjies, God sal verheerlik.

Kommunikasie
Missie: om gereeld en effektief alle relevante inligting aan die gemeente te kommunikeer. (Boodskapper, Hoogtepunt, Web-werf, Inligtingstoonbank)


 



 


     
   
© 2010 NG Gemeente Kempton Hoogland. Alle regte voorbehou