| |
Baie welkom by die
NG Kerk Kempton Hoogland!
Ons is bly dat jy die Here saam met ons aanbid en dien. Ons vertrou dat jy reeds die geleentheid gebruik het om die Here se teenwoordigheid en liefde in ons gemeente te ervaar. Dit sal vir ons ‘n voorreg wees as jy ook deel word van ons Hoogland-familie. Ons deel graag ons gemeente se verhaal en bedieningsfilosofie met jou. Wanneer ‘n mens weet hoe ‘n gemeente werk en hoekom dit so werk, is dit soveel makliker om ‘n aanbiddingsruimte en bedieningsruimte te vind.

Ons is in Koninklike diens. Leef met Koninklike waardigheid?
Heb 8:6 vertel van die voortreflikheid van Jesus Christus:
“Maar nou het Jesus ‘n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van ‘n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.”
Jesus is baie meer as Moses, Hy is die Groot hoërpriester van God, Hy is die Koning van vrede en die Koning van geregtigheid en Hy heers as Koning totdat al Sy vyande aan Hom onderwerp is. (1 Kor 15:24-26)
Jesus is ons middelaar !
Hy tree vir ons in en maak ons saak reg by die Vader soos net Hy kan: “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” Heb 2:18
Toe God met ons Sy verbond gesluit het, is ons beklee met Sy Koninklike waardigheid. Deur Jesus se middelaarswerk is ons nou kinders van die Koning van die heelal! Ons is koningskinders en ons leef as gelowiges in koninklike geselskap.
Daarom: “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan...” (Heb 10:24,25)
Die Here roep ons op om te leef met koninklike waardigheid, want ons is bevoorreg dat God ons insluit in die storie van Sy Koninkryk. Die Here wil elke hooglander gebruik om ook ander mense in te sluit in Sy Storie. Kom ons leef tot Sy eer!
Ds. Theo Janse van Rensburg
|
|

Kliek op die maand se kalender hieronder om te sien wat elke dag gebeur in Hoogland. Jy kan ook die hele jaar se kalender met jou MS Outlook sinchroniseer. Lees hier hoe.


08:00 Eerste oggenddiens
09:00 Kategese (Junior en Senior)
10:00 Tweede oggenddiens
17:00 Kategese (Senior)
18:30 Aanddiens
Nuut by Hoogland?
Ons wil graag hê jy moet die Hooglandfamilie ontmoet en tuis voel. E-pos asb jou naam, kontaknommer en e-pos adres aan ons dan kontak ons jou so spoedig moontlik. Ons wil jou graag verwelkom en meer inligting bied.
|
|


| |
Eden Ministries
Praise and Worship Dance Ministry. Kontak asb. René van der Bank by 0829650388 vir verdere besonderhede. Alle belangstellendes is baie welkom.
Koffiekroeg
Kom geniet ‘n koppie koffie en tee op Sondae tussen 09:00 en 10:00 agter in die kerk. Indien jy betrokke wil raak kontak vir Loutjie 084 849 3888 of Jenny Burger 083 502 3965
DVD Bestellings
Indien jy sou belangstel om
‘n DVD van enige preek te bestel skryf asseblief jou naam in die boek by die Inligtingstoonbank. DVD’s
is die volgende Sondag beskikbaar by die Inligtingstoonbank.
|
|
| |
|
|
|
|
|